Grootjie se piekelkwepers
- Errieda du Toit
- May 22, 2015
- 1 min read

Bedien met wildsvleis, koue vleise, kaas en kerries.
Jy het nodig:
.12-15 kwepers
Vir die stroop:
.250ml asyn
.80ml suiker
.2 stukke pypkaneel
.4 gedroogde naeltjies
.2 steranys
.1 rooi brandrissie, ontpit en opgesny
Só maak ’n mens:
Sny die kwepers in kwarte en verwyder die pitte en harde dele. Stoom vir ongeveer 15 minute oor kookwater.
Berei die stroop intussen deur die asyn en suiker oor lae hitte te roer tot die suiker opgelos is. Bind die pypkaneel, naeltjies en steranys in ’n moeseliendoekie toe en voeg by die stroop. Verhoog die hitte en laat kook. Voeg die kwepers by en prut vir 20 minute. Voeg die brandrissie by. Skep in gesteriliseerde bottels en verseël dadelik.
Nota: Piekel verwys na groente of vrugte (of ’n mengsel daarvan) wat in ’n speseryerige asynsous ingelê word, teenoor pekel, wat ’n soutoplossing is wat byvoorbeeld vir ham gebruik word.
Comentários