top of page

Haloumi-slaai

  • Camilla Comins
  • May 21, 2015
  • 1 min read

Haloumi-slaai.jpg

Dié is ’n wonderlike voorgereg, veral as jy hoender of lamsvleis as hoofgereg gaan voorsit.

Genoeg vir 6-8.

Jy het nodig:

1 komkommer

4 tamaties

5 ml gemaalde komyn

15 ml vars ment, gekap

60 ml witwyn-asyn

125 ml olyfolie

5 ml Dijon-mosterd

5 ml fyngekapte knoffel

10 ml suiker

500 g haloumi

Só maak ’n mens:

1. Berei die salsa eers voor deur die komkommer en tamatie in klein stukkies te kap en saam in ’n bak te sit.

2. Meng al die bestanddele vir die sous – van die komyn tot die suiker – en roer goed. Giet die sous oor die tamatie en komkommer.

3. Sny die haloumi in reghoeke van sowat 5 mm dik. Jy kan die kaas in ’n kleefwerende pan op ’n warm stoof braai, maar die ideaal is om dit in ’n platboompotjie oor baie warm kole te braai. Haloumi verbruin vinnig en ontwikkel ’n lekker bros kors, so dis iets wat jy kan braai terwyl jy wag vir die vuur om ’n bietjie uit te brand.

4. Plaas die haloumi op ’n mooi opdienbord en skep die salsa bo-oor. Sit dadelik voor.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page