top of page

Heelgroenvye-konfyt

  • Amanda de Lange
  • May 22, 2015
  • 1 min read

n Lenteoggend, boom vol vye en 'n resep...

heel groen vye konfyt.jpg

Berei die vye

1.Gebruik vye wat goed uitgeswel is, maar waarvan die binnekant nog nie hol of verkleur is nie.

2.Krap, rasper of skil die vye se buiteskil baie dun af. Laat die steeltjies aanbly.

3.Sny ’n kruisie aan die onderkant van elke vy.

4.Weeg die vrugte en prik oral-oor met ’n dikkerige stopnaald.

5.Laat oornag in koeksoda­water staan (3 eetlepels koeksoda per 5liter water).

6.Haal uit en spoel deeglik af.

7.Kook die vye en ’n paar vyeblare in kookwater totdat die vye sag is (vir so 15 minute).

Maak die stroop:

1.1,25kg suiker vir elke 1kg vrugte en 1,5liter water per 1kg suiker.

2.Voeg 50-60ml vars suurlemoensap per 3kg vrugte by.

3.Plaas die pot met die stroop­bestanddele oor stadige hitte en roer totdat die suiker heeltemal opgelos is. Bring tot kookpunt.

4a.Plaas die vye stadig in die kokende stroop en laat kook oor matige hitte totdat die vrugte goed deurgekook en die stroop dik is.

4b.Of laat kook dit vir 3minute, laat dit in die stroop afkoel en lig die vrugte die volgende dag uit. Verhit die stroop weer tot kookpunt en voeg die vrugte weer by.

4c.Of laat die vrugte in die stroop en verhit die volgende dag stadig.

5.Skep in warm, droë, gesteriliseerde flesse en verseël onmiddellik terwyl nog warm.

Maklike manier om flesse te steriliseer:

Plaas die flesse en hul los deksels op ’n bakplaat in die oond. Skakel die oond aan op 100- 120°C en haal die flesse uit sodra die oond die regte temperatuur bereik het. Haal een vir een uit en vul.

Foto: Amanda de Lange

 
 
 

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page