top of page

Hoender-en-koeskoes-sop met Marokkaanse speserye

  • Karla Janse van Vuuren
  • May 22, 2015
  • 1 min read

Hoender-en-koeskoes-sop.jpg

Hierdie sop is ’n kombinasie van idees uit resepteboeke en die internet. Raak gerus self kreatief daarmee! Die Marokkaanse speserye gee dit ’n lekker eksotiese skop wat ’n mens van binne af warm maak. Onthou om die koeskoes by te roer net voordat jy die sop wil voorsit, anders absorbeer dit te veel van die vloeistof.

Genoeg vir 4-6.

Jy benodig:

500g hoenderborsfilette, in happiegrootte-stukkies gesny

olyfolie

1-2e Marokkaanse geurmiddel (beskikbaar by onder meer Woolworths)

1 ui, gekap

1 selderystokkie, gekap

1 groot wortel, in dun skyfies gesny

3-4k hoenderaftreksel

3 middelgroot murgpampoentjies, in ringetjies gesny

fyngerasperde skil van 1 suurlemoen

¼k koeskoes

vars pietersielie

Só maak ’n mens:

1. Verhit die olyfolie in ’n middelgroot kastrol en braai die hoenderstukkies tot bruin buite. Voeg die Marokkaanse geurmiddel by en braai vir ’n minuut of twee. Skep hoender uit en hou eenkant tot benodig.

2. Braai die ui, seldery en wortel in dieselfde kastrol vir ’n paar minute tot die ui sag is. Plaas die hoender weer terug in die kastrol.

3. Giet die aftreksel by en roer tot dit begin prut. Voeg die murgpampoentjie en suurlemoenskil by en prut so 5 minute tot die murgpampoentjie net-net sag is.

4. Roer die pietersielie en koeskoes by die warm sop net voordat jy dit wil voorsit. Jy kan nog aftreksel byvoeg as die sop vir jou te dik lyk.

Foto: Nelius Rademan

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page