top of page

Hummingbird-grootkoek

  • Errieda du Toit
  • May 22, 2015
  • 2 min read

humming bird koek.jpg

Dié klam, neuterige koek met sy roomkaas-versiersel uit die Diep Suide van Amerika is ’n niggie van die wortelkoek, maar kry sy besonderse geurigheid van pekanneute, pynappel en piesang. Daar is verskeie teorieë oor die naam: Sommige beweer dit kom van die “mmm”-geluide wat eters maak; ander meen die hoofbestanddele is alles waarvan die hummingbird (oftewel kolibrie) hou. Dit word ook Jamaika-koek genoem. Die kolibrie is Jamaika se nasionale voël.

Jy het nodig:

Vir die koek:

. 3 groot eiers

. 2k suiker

. ¾k sonneblom- of kanola-olie

. 1½t vanielje-ekstrak

. 3k koekmeel

. 1t koeksoda

. ½t sout

. 1½t kaneel

. 1 blik ingemaakte fyn pynappel, sap ingesluit

.6 ryp piesangs, fyngemaak

. 1k grofgekapte pekanneute

Roomkaasversiersel:

. 110g sagte botter

. 2 houers roomkaas, kamertemperatuur

. 1t vanielje-ekstrak

. 3 tot 4 koppies strooisuiker

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit oond tot 180°C.

2. Smeer drie 23cm-koekpanne en voer die bodem met bakpapier uit.

3. Klits die eiers en suiker tot lig en romerig. Voeg die olie in ’n straaltjie by terwyl jy aanhou klits. Klits die vanielje by tot die beslag glad en romerig is.

4. Sif die meel, koeksoda, sout en kaneel in ’n aparte bakkie saam. Klop die droë bestanddele, ’n derde op ’n slag, by die geroomde mengsel, elke keer net genoeg om dit goed te meng.

5.Voeg fyn pynappel en sap, piesang en neute by en roer by.

6. Verdeel die beslag tussen die drie panne. Bak 20-25 minute in voorverhitte oond tot gaar (’n toetspen sal skoon uitkom en die koek trek weg van die pan af). Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel in die panne.

Versiersel:

1. Room botter en roomkaas tot glad en romerig, voeg vanielje by en meng in.

2. Voeg suiker koppie vir koppie by en klits. As die mengsel te slap is om die koek te versier, sit dit ’n rukkie in die yskas.

Versier:

Plaas die eerste laag op die koekbord met die bakpapierkant na bo. Verwyder die papier en smeer met 1 koppie versiersel; herhaal met die volgende lae. Rond af met gedroogte pynappelblomme of gekapte pekanneute.

Wenk: Maak die pynappel-madeliefies ’n dag voor die tyd deur dun skyfies vars pynappel op bakpapier vir ’n paar uur teen 110°C uit te droog. Plaas die skyfies warm uit die oond in muffinpannetjies om dit vorm te gee. Gebruik pynappels wat ferm eerder as te ryp is.

Foto: Errieda du Toit

 
 
 

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page