top of page

Jan Braai se lekker (brand)sous... Peri-peri-sous

  • Karla Janse van Vuuren
  • May 22, 2015
  • 2 min read

peri peri sous.jpg

Die sous is genoeg vir tien mense, maar as die sous baie warm is, kan meer siele daaraan smul. Die sous is besonder lekker met gebraaide steak, hoender, vis en garnale en daarom stel ek voor jy maak die sous in groot hoeveelhede.

Wat het jy nodig? (Let wel: 'n sopie is 25ml - 30ml)

. 8 knoffelhuisies, fyngekap

. ½k olie

. ½k druiweasyn (rooi of wit)

. ½k suurlemoensap

. ½k water

. 1 sopie paprikapoeier

. 1 sopie rissiepoeier

. 1 sopie sout

. ’n paar klein, sterk rissies (opgekap – ek gebruik piri-piri, oftewel African Bird’s Eye)

Só maak mens:

1. Gooi die fyngekapte knoffel in ’n glasbottel of -fles saam met die olie, asyn, suurlemoensap, water, paprika, rissiepoeier en sout. Skud behoorlik totdat die bestanddele gemeng is en die sout opgelos het.

2. Proe nou aan die sous en gee hom meer skop. Voeg een of meer fyngekapte rissies by en skud behoorlik. Jy kan soveel rissies byvoeg as wat jy wil, maar onthou, jy kan nooit van jou gaste verwag om ’n sous te eet wat vir hulle te sterk is nie. As jy, soos ek, daarvan hou dat die sous ordentlik brand, is dit dalk ’n goeie idee om twee brousels te maak, waarvan die een meer rissies in het.

3. Moenie aan jou oë of ander sensitiewe dele van jou liggaam vat wanneer jy dié sous gemaak het nie omdat enige rissiesap op jou hande jou sal brand dat jy hop. Was jou hande deeglik, maar bly steeds versigtig.

4. Jy kan die sous onmiddellik gebruik, maar hy raak selfs lekkerder met verloop van tyd en sal weke lank in die yskas hou.

Wenk: As jy nie ’n hele fles peri-peri-sous nodig het nie, gebruik dan dié hoeveelhede: 1 sopie olie, 1 sopie asyn, 1 sopie suurlemoensap, 1 sopie water, 1t paprika, 1t rissiepoeier, 1t sout, 2 knoffelhuisies (fyngekap) en 1 of meer klein, sterk rissies.

Foto: Matthys van Lill

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page