top of page

Jan Braai se stokbrood

  • Jan Braai
  • May 22, 2015
  • 1 min read

stokbrood.jpg

Jy benodig:

.1kg koekmeel

.1pakkie kitsgis

.25ml suiker

.12,5ml sout

.2½k water

.50ml olyfolie

.skoongewaste stokke

Só maak ’n mens:

Gooi die meel, gis, suiker en sout in ’n bak en meng goed.

Voeg die olie en 2 koppies effens warm water by en meng met jou ­hande tot ’n sagte bol deeg. Voeg nog water by indien nodig.

Knie die bol deeg op ’n plat oppervlak vir sowat 5 minute tot glad en plooibaar.

Sit die deeg terug in die mengbak en bedek met kleefplastiek of ’n klam vadoek. Laat dit rys vir sowat 30 minute totdat die volume verdubbel het.

Keer dit uit op ’n plat oppervlak (met ’n bietjie meel bestrooi) en knie ’n paar keer om van die lug uit te pers. Verdeel dit dan in tot 10 stukke en rol elkeen uit in ’n lang wors.

Rol die worse om ’n stok (druk die punte weerskante vas) en braai op matige kole sowat 15 minute lank. Draai dit gereeld om oral te ­verbruin. Die stokbrood is reg as dit maklik van die stok afkom.

Bedien dadelik met botter en iets soos stroop of konfyt, of druk ’n stuk gaar boerewors binne-in.

 
 
 

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page