top of page

Kaaskoek om die oes te vier

  • Errieda du Toit
  • May 22, 2015
  • 2 min read

Kaaskoek om die oes te vier.jpg

Groenvrugtesap (verjuice), druiwekorrels en sultanas verteenwoordig die vrug van die druiwestok in dié kaaskoek, wat ek opdra aan almal wat in die sweet van hul aangesig die oes inbring. Die heuningsous van “geskroeide” druiwe kan ook oor roomys, mosbolletjies, madeirakoek of Griekse jogurt geëet word.

Jy het nodig:

Kors:

20 ml strooisuiker

125 g gesoute botter

30 ml sonneblomolie

1 eier

500 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

120 g geroosterde haselneute, grof gekap

30 ml heuning

Vulsel:

40 g sultanas of rosyne

65 ml groenvrugtesap

375 ml strooisuiker

3 eiers

3 eiergele

750g roomkaas of gladde maaskaas teen kamertemperatuur

100 ml mielieblom

45 ml suurlemoensap

375 ml vars room teen kamertemperatuur

“Geskroeide”-druiweversiering:

125 ml heuning

65 ml groenvrugtesap

250 g pitlose rooi druiwe.

So maak ’n mens:

Kors: Voorverhit die oond tot 150°C. Smeer ’n diep, ronde losboomkoekpan liggies. Room die suiker, botter en olie saam. Voeg die eier by en meng goed. Sif die meel en bakpoeier saam en voeg dit by die eiermengsel. Meng tot ’n stywe deeg. Druk stewig teen die bodem van ’n koekpan vas. Bak 8 minute lank blind (sit foelie/bakpapier op die kors, bedek met droëbone sodat die kors nie rys nie en bak om die kors te seël). Laat afkoel, sprinkel gekapte neute en drup heuning oor.

Vulsel: Kook die sultanas in die groenvrugtesap totdat die vloeistof verdamp – so 6 minute. Hou eenkant. Klits die suiker, eiers en eiergele saam tot dik en romerig. Voeg die roomkaas, mielieblom en suurlemoensap by en meng goed. Voeg die gekookte sultanas en room by en klits liggies. Giet die mengsel op die gebakte kors. Bak 80 minute lank. Skakel die oond af, maak die oonddeur oop en laat die kaaskoek afkoel. Bedek en plaas minstens 2 uur, verkieslik oornag, in die yskas.

“Geskroeide” druiwekorrels: Prut heuning in ’n pan oor matige hitte tot verdik (3 of 4 minute), voeg die groenvrugtesap by en kantel die pan om te meng. Voeg druiwe by en kook dit tot stroperig (4 minute). Giet oor die afgekoelde kaaskoek.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page