top of page

Karoolam-rafeltjievleis

  • Errieda du Toit
  • May 22, 2015
  • 2 min read

Karoolam-rafeltjievleis.jpg

Oral word halfvergete resepte van ons voorouers afgestof en word daar met nuwe oë gekyk na ou tegnieke en tradisionele gebruike.

Hierdie rafeltjievleis is so ’n gereg – en om dit met Karoolam te maak, gee dit verdere betekenis. Dis ’n resep van die Kokkedoor-beoordelaar en sjef Nic van Wyk.

Daar is altyd ’n skotteltjie hiervan in my yskas om my aan die Karoo te herinner.

Geniet dit saam met brood, blatjang en piekels.

Jy benodig:

1lamsnek en skouer

1t Dijon-mosterd

4uie, grofgekap

1groot tak roosmaryn

1knoffelbol, heel en ongeskil

gehou, dwars in die helfte gesny

500ml lamsaftreksel

sout en peper

10ml sjerrieasyn

fyngekapte pietersielie

Só maak ’n mens:

1.Smeer die nek en blad met die mosterd, sout en peper.

2.Plaas die uie, knoffel en roosmaryntak in ’n oondbak met die vleis bo-op, voeg die aftreksel by en bedek die bak met foelie. Sorg dat die uie en knoffel net-net bedek is met die aftreksel en die lamsvleis net aan die aftreksel raak.

3.Bak teen 120°C vir 6-8 ure totdat die vleis van die been afval. Laat die vleis effens afkoel.

Pluis dit met jou hande in repies/rafeltjies. Moenie die vleis kap met ’n mes nie, want dit sal die vleis te fyn en pap laat. Meng van die pansappe en ’n bietjie sjerrieasyn by.

4.Druk die gaar knoffelhuis uit, geur na smaak met sout en peper. Omdat dit koud bedien word, sal jy dit sterker geur as ’n warm dis. Skep in die opdienbak en plaas in die yskas.

5.Laat die pansouse in ’n aparte bak in die yskas afkoel. Wanneer die vet begin stol, skep die vet af en meng met fyngekapte pietersielie. Smeer ’n dun lagie van die vet oor die vleis en laat verder afkoel in die yskas.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page