Karringmelk-plaatkoekies
- Emma Dean van MasterChef Australia
- May 22, 2015
- 1 min read

Jy het nodig:
150ml karringmelk, by kamertemperatuur
225g meel
¼t sout
½t witsuiker
1t droë gis
150ml warm water
¼t koeksoda
1t botter, vir smeer
Om voor te sit: heuning, vars ricotta, bessiekonfyt of gerookte salm, suurroom en kappertjiesade
Só maak ’n mens:
1. Meng al die droë bestanddele behalwe die koeksoda saam in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die middel en voeg die karringmelk en warm water by. Meng tot ’n gladde deeg vorm.
2. Bedek met ’n vadoek of kleefplastiek en laat staan op ’n warm plek vir ’n uur. Ná ’n uur behoort die deeg se volume verdubbel het en die mengsel moet lig en sponsagtig wees. Roer die deeg om van die meeste lugborrels ontslae te raak en voeg die koeksoda by en roer goed.
3. Giet die deeg in ’n beker met ’n tuit en laat staan op ’n warm plek vir 30 minute.
4. Verhit ’n kleefwerende pan oor matige hoë hitte. Smeer vier eierringetjies (metaalringe wat ’n mens gebruik om netjiese gebakte eiers te maak) met botter en plaas in die pan. Giet genoeg deeg in om die ringetjies halfpad vol te maak.
5. Verhit totdat borrels bo-op die plaatkoekies vorm. Dit behoort sowat 10 minute te neem. Verwyder die ringetjies versigtig en draai die plaatkoekies met ’n eierspaan om. Braai nog twee minute en skep dan uit. Herhaal totdat al die deeg opgebruik is.
6. Sit die plaatkoekies warm voor met vulsels van jou keuse.
– Resep met toestemming gebruik uit "A Homegrown Table".
Comentários