Karringmelkpoeding met grenadellapulp
- Op Callie en Mari-Louis se Sondagtafel
- May 22, 2015
- 1 min read

Die resep lewer 6-8 porsies.
Jy benodig:
60g botter, saggemaak
100g (½ koppie) suiker
4eiers
35g (¼koppie) koekmeel
500ml (2koppies) karring- of suurmelk
500ml (2koppies) melk
Pulp van 4-6 grenadellas
Só maak ’n mens:
1.Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ’n groot oondbak en sit dit in ’n bain-marie (waterbad).
2.Gebruik die mengbak en spaanhegstuk van ’n elektriese menger en verroom die botter en suiker tot lig van kleur. Voeg die eiers een op ’n slag by en skraap die kante van die bak skoon ná elke byvoeging.
3.Sif die meel by die beslag in, voeg die karringmelk en melk by en meng deur.
Die beslag behoort baie loperig te wees.
4.Bak 30minute of tot ferm en gestol.
Die middel sal nog ’n bietjie sag wees.
Laat staan 10-15 minute voordat jy dit voorsit saam met die grenadellapulp.
Comments