Kerrievis
- Peter Veldsman
- May 22, 2015
- 1 min read

Veldsman se resep vir kerrievis kom uit die handgeskrewe kookboek van Marie Cloete van Groot Constantia. Dié boek is sedert die 18de eeu in die besit van die Klooten-familie. Geelstert, koningklip of kabeljou kan gebruik word, maar snoek bly die lekkerste:
1kg snoek gewas, gefileer en in porsies gesny;
sout en varsgemaalde witpeper;
gerasperde skil en sap van twee suurlemoene; skaapstertvet, botter of olie.
Jy benodig:
Vir die piekel
2 groot uie, oorlangs gehalveer en in skywe gesny
100g sagte bruinsuiker
4e fyn appelkooskonfyt
2e garam masala
2t borrie
2 knippies rooi peper
75 0ml bruinasyn
6vars suurlemoenblare
1stuk vars gem merwortel, geskil en fyngekap
4t geskroeide kolja ndersaad
100 to t 125ml water
Só maak mens:
1.Geur vis met sout en peper en vryf in met suurlemoen en skil. Verhit vet in pan en braai ’n paar stukkies op ’n slag aan weerskante tot net gaar.
2.Skep al die sousbestanddele in ’n kastrol, verhit tot kookpunt, verlaag hitte en prut vir 20-25 minute. Skep ’n bietjie sous in ’n gesteriliseerde houer en skep ’n laag vis daarin.
Bedek vis met ’n laag warm sous. Herhaal met die res van die vis en sous, laat afkoel en verseël. Bêre in die yskas vir 2 tot 3 dae voordat dit geëet word.
Wenk: Die gegeurde vis kan in ’n gesmeerde oondskottel geskep word. Sprinkel ’n bietjie water oor en bak vir 10 tot 15 minute in ’n voorverhitte oond by 180°C. Die vis kan ook in die sous gaargemaak word. Skep net die warm sous oor die gegeurde vis en bak vir 20 minute.
Comments