top of page

Kersfees-vrugtekoek

  • Karla Janse van Vuuren
  • May 22, 2015
  • 2 min read

vrugtekoek.jpg

Jy het nodig:

500g sultanas

375g rosyntjies

300g glanskersies, grofgekap

300g korente

250ml brandewyn

gesmelte botter, om pan mee te smeer

250g botter, by kamertemperatuur

155g donkerbruinsuiker

4 eiers, by kamertemperatuur

80ml marmelade

500ml meel

125ml bruismeel

7,5ml gemengde speserye

80ml brandewyn

Só maak ’n mens:

1. Sit die sultanas, rosyntjies, kersies en korente in ’n groot mengbak en gooi die brandewyn oor. Bedek met kleefplastiek en sit eenkant vir ten minste 6 uur sodat die vrugte lekker die brandewyn kan absorbeer. Roer elke nou en dan.

2. Voorverhit die oond tot 150°C. Berei ’n ronde koekpan met ’n 22cm-deursnee of ’n vierkantige pan van 18cm voor deur die bodem en kante deeglik met bakpapier uit te voer.

3. Verroom die botter en suiker en voeg dan die eiers een vir een by. Klits goed ná elke byvoeging

(die mengsel mag dalk in hierdie stadium skif, maar dit is net omdat daar so baie eiers in verhouding tot die botter is en dit sal nie die eindresultaat beïnvloed nie).

4. Voeg die marmelade by en klits goed tot gemeng.

5. Meng die meel, bruismeel en speserye in ’n mengbak en roer dit by die eiermengsel in.

6. Roer die vrugtemengsel by en roer deeglik om te meng.

7. Skep die deeg in die voorbereide pan en maak dit bo-op glad. Bind drie lae koerantpapier buite-om die pan en maak vas met tou (die koerantpapier moet hoër wees as die kante van die bak). Jy kan ook die bak met foelie bedek as jy bang is dit gaan te bruin bak bo-op (ek het nie en die koek was volmaak).

8. Bak in die oond vir 3 uur en toets dan met ’n toetspen. As dit nog nie gaar is nie, bak nog 20 minute en hou aan toets totdat die toetspen skoon uitkom. Haal uit die oond en gooi die ekstra 80ml brandewyn oor. Draai die pan toe in ’n vadoek en laat oornag afkoel.

9. ’n Mens kan die koek dadelik eet, maar ek hou daarvan om dit vir so ’n paar weke met nog

brandewyn te dokter. As jy dit ook wil doen, draai die koek toe in foelie en bêre dit in ’n lugdigte houer.

10. Skep elke week ’n paar eetlepels brandewyn oor die koek om te verseker dat dit lekker ryk en klam sal wees wanneer dit tyd is om die Kerskoek te sny.

– Aangepas van www.taste. com.au.

Foto: Gerrie Janse van Vuuren

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page