Lamstjopsosaties
- Camilla Comins
- May 21, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 6 tot 8
Jy het nodig:
10ml sterk Engelse mosterd
60ml appelsiderasyn
60ml vrugteblatjang
75ml olyfolie
10ml fyn komyn
5ml fyn kaneel
15ml matige masala
12lamslende-tjops
Só maak ’n mens:
1. Meng al die bestanddele vir die marinade saam.
2. Plaas die tjops in ’n bak en giet die marinade oor. Rol jou moue op en gebruik jou hande om seker te maak die vleis is deeglik met die marinade bedek.
3. Laat oornag marineer of ten minste vir drie uur.
4. Braai oor baie warm kole tot so gaar soos jy van hou.
**Wenk:Jy kan dié marinade ook gebruik vir hoendervlerkies en -boudjies.
コメント