top of page

Lensiesop met varkworsies en pasta

  • Liezel de Lange
  • May 22, 2015
  • 1 min read

Lensiesop met varkworsies en pasta.jpg

Dié sopresep is al telkemale aangepas van ’n resep wat ek jare gelede in ’n slapband-sopboek van Woolworths gekry het. Die sop voed 6-8, maar ek maak dit gewoonlik dubbel omdat dit baie goed vries.

Jy benodig:

Olyfolie

2 knoffelhuisies, fyngekap

3 middelgroot uie

250g (1 pakkie) spekstukkies

4 selderystingels, in dun skywe gesny

6 middelgroot wortels, in dun skywe gesny

800g (2 blikkies) tamaties

250g rooi lensies

1 liter lam- of hoenderaftreksel

1 koppie fyn pasta (soos klein skulpies, ryspasta of gebreekte spaghetti)

1 pakkie varkworsies (bockwurst of goeie Weense worsies) in skywe gesny.

’n Handvol vars pietersielie, fyngekap

Só maak ’n mens:

1. Braai die uie, knoffel en spek in olyfolie totdat die uie sag en deurskynend is.

2. Voeg die seldery en wortels by en braai vir nog sowat vyf minute.

3. Voeg nou die tamaties, lensies, die aftreksel en ’n liter water by. Laat dit vir sowat 40 minute prut.

4. Voeg nog 3 koppies water en die pasta by en kook totdat die pasta amper gaar is.

5. Voeg dan die pietersielie en die varkworsies by. Kook totdat die varkworsies deurwarm en die pasta heeltemal gaar is.

6. Die sop is redelik dik (en veral ook as jy dit gevries het en weer warm maak). Voeg nog aftreksel of water by na smaak.

Foto: Nelius Rademan

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page