Makadamia-neutkaramel
- Leandri & Seline van der Wat
- May 21, 2015
- 1 min read

Jy benodig:
200 g makadamianeute, rou en sonder doppe
330 g strooisuiker
50 g gesoute botter
80 ml mieliestroop of vloeibare glukose (beskikbaar by bakwinkels of aanlyn)
125 ml water
3 ml koeksoda
Só maak ’n mens:
1. Rooster die makadamianeute in ’n skoon, droë pan tot ligbruin. Sit eenkant om af te koel. Kap fyn.
2. Meng die strooisuiker, water, botter en mieliestroop of vloeibare glukose in ’n swaarboompan oor lae hitte. Verhit oor lae hitte. Sodra dit kookpunt bereik, verhoog die hitte en prut 15-20 minute of tot die mengsel 160 °C op ’n suikertermometer bereik. As jy nie ’n termometer het nie, kyk vir die stadium waarin die karamel ligbruin is en die borrels klein is en maklik bars.
3. Verwyder van die hitte en roer die koeksoda en neute by. Werk vinnig (maar versigtig!) en giet die mengsel in klein silikoonvormpies (’n cake pop-vorm sal goed werk hiervoor) of op ’n goedgesmeerde bakplaat. As jy die bakplaat in plaas van vormpies gebruik, moet jy die karamel dadelik in vorms sny – dit is onmoontlik om netjies te sny as dit eers hard geword het.
4. Laat heeltemal afkoel. Draai elke stukkie karamel individueel in waspapier en bêre in ’n lugdigte houer.
Comments