Malvalekkers gedoop in sjokolade
- Karla Janse van Vuuren
- May 22, 2015
- 1 min read

So eenvoudig, maar so mooi! Jy kan ook lekker kreatief raak met allerlei versierseltjies.
Jy het nodig:
ongeveer 10 malvalekkers
sowat 150g sjokolade van jou keuse
koekversierseltjies (sprinkles)
klein kolwyntjiepapiertjies
Só maak ’n mens:
1. Smelt die sjokolade in ’n diep bakkie sodat jy die malvalekkers mooi kan doop.
2. Doop die malvalekkers halfpad in die sjokolade en laat die ekstra sjokolade afdrup. Plaas met die sjokoladekant na bo op waspapier en sprinkel dadelik ’n paar versiersels van jou keuse oor.
3. Laat hard word en sit dan elke malvalekker in sy eie klein kolwyntjiepapiertjie. Nou is jy gereed om jou geliefde se hart te wen met jou skeppings!
Comentarios