top of page

Malvapoeding in 'n potjie

  • Oor die kole met Jan Braai
  • May 22, 2015
  • 2 min read

Malvapoeding in 'n potjie.jpg

Genoeg vir 6

Jy het nodig:

Vir die deeg:

1 koppie meel

½ sopie koeksoda

1 koppie witsuiker

1 eier

1 skeppie appelkooskonfyt

1 sopie asyn

1 sopie gesmelte botter

1 koppie melk

Vir die sous:

½ koppie room

½ koppie melk

1 koppie suiker

½ koppie warm water

½ koppie botter

Laat waai:

1. Steek die vuur aan. Jy het minder kole nodig as wanneer jy steak braai, maar jy moet ’n aaneenlopende voorraad hê as die poeding eers bak.

2. Smeer jou no. 10-platboompotjie met botter.

3. Sif die meel en die koeksoda in ’n groot bak en meng die suiker by. As jy in die bos is en nie ’n sif byderhand het nie, moenie bekommerd wees nie, dinge sal steeds uitwerk.

4. Klits die eier deeglik in ’n aparte mengbak. Voeg die konfyt, asyn, botter en melk by en klits deeglik ná elke byvoeging.

5. Voeg die nat bestanddele van stap 4 by die droë mengsel van stap 3 en meng deeglik met ’n houtlepel (jy maak immers deeg).

6. Gooi die deeg in die potjie, sit die deksel op en bak vir 50 minute met kole onder die pot en ’n klompie op die deksel. Moenie te veel hitte gee nie, want jou poeding loop groot gevaar om te brand. Die hitte kan liewer effe te laag wees en jy kan die poeding netsowel ’n uur lank bak.

Wees eerder te rustig as te haastig. Jy kan enige tyd nog ’n paar vars kole onder die pot inskuif of op die deksel pak as jy dink jou poeding verloor stoom.

7. As die poeding al so 40 minute lank bak (sowat 10 minute voordat hy klaar gebak het), verhit jy al die bestanddele vir die sous in ’n klein pot op medium- kole. Roer aanhoudend om te verseker dat die botter smelt en die suiker heeltemal oplos, maar moenie dat die mengsel kook nie. As jy ’n poeding wil hê wat (effens) minder soet is, gebruik ’n halwe koppie suiker en ’n hele koppie warm water vir die sous, eerder as die hoeveelhede in die bestanddele-lys.

Om die waarheid te sê, my ouers verkies dit so.

8. Wanneer die poeding omtrent 50 minute gebak het, steek jy ’n sosatiepen, mes of vurk in die middel om te toets of dit gaar is.

As die pen skoon uitkom, is die poeding reg.

9. Haal die poeding van die vuur af en gooi die sous eweredig oor.

Glo my, hy sal al die sous intrek – laat staan hom net ’n paar minute. Bedien die malvapoeding warm met ’n skeppie vanieljeroomys, ’n leksel vars room of ’n poel vanieljevla.

’n Goeie manier om die poeding warm te hou, is om die pot naby die vuur te sit, maar nie te naby nie. Jy wil hom nie nou verbrand nie.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page