top of page

Meringue met pienk peperkorrels, moerbeie en witsjokolade

  • Errieda du Toit
  • May 22, 2015
  • 1 min read

meringe met pienk peper.jpg

Dié nagereg is bedwelmend mooi, soos die lente self, en is my gunsteling uit Purple Citrus and Sweet Perfumevan Silwena Rowe (uitgegee deur Hutchinsons).

Wees op die uitkyk na pienk peper­korrels by spesialiswinkels en hopelik is daar ’n moerbeiboom in jou omgewing. Die moerbeie kan deur ander bessies vervang word.

Om die meringues te maak klits vier eierwitte totdat dit styf is. Klits 220g strooisuiker bietjie vir bietjie by en vou 1t mielieblom en

½t witasyn by.

Skep die mengsel in ses hopies op ’n bakplaat wat met kleefvrye bakpapier uitgevoer is.

Nou kom die interessante deel: Maal 1 eetlepel pienkpeperkorrels in ’n stamper en vysel fyn en sif dan ¾ daarvan oor die rou meringue-hopies.

Bak die meringues vir ’n uur teen 140°C tot ’n ligte strooikleur. Laat in die oond afkoel.

Smelt 100g witsjokolade in ’n bakkie oor ’n kastrol liggies kokende water.

Bedruip die ­meringues met strepe gesmelte sjokolade, sif die oorblywende fyngemaalde pienkpeperkorrels oor en besprinkel met fyngemaalde kardemom.

Rond dit af met moerbeie.

Sit dit dadelik voor.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page