Midde-Oosterse groenolyf-pistasieneut-en-appelkoosslaai
- Prue Leith
- May 22, 2015
- 1 min read

Dit lyk of hier die een of ander graan as bestanddeel is, maar eintlik is dit net fyngekapte neute, groente en vrugte. Dit is ’n heerlike komplement vir die tandoori-kalkoen.
Jy het nodig:
90g groenolywe,
fyngekap
35g okkerneute,
gerooster en
fyngekap
40g pistasieneute,
gerooster en
fyngekap
130g rooisoetrissies, gerooster, geskil en fyngekap
60g pietersielie, fyngekap
0,50g rooiui, fyngekap
130g tradisionele fetakaas,
gekrummel (Deense feta is te sag vir die voorbereiding)
90g gedroogte appelkose,
fyngekap
30ml olyfolie
30ml granaatstroop
15ml suurlemoensap
’n mespunt fyn komynsaad
½t brandrissie, fyngekap
(ontpit as jy bang is vir die byt)
’n knypie suiker
Só maak ’n mens:
1. Om tyd te bespaar kan jy die bestanddele in ’n voedselverwerker kap, maar elke bestanddeel op sy eie en pols dit, bietjie op ’n slag, anders maak jy babakos!
2. Meng alles goed saam en laat minstens een uur staan voordat jy die slaai bedien. Dit is die volgende dag selfs nog lekkerder.
Foto: Lisa Hnatowicz
Comentarios