Milanese risotto
- Nettie Pikeur
- May 22, 2015
- 1 min read

Jy het nodig:
.2blokkies hoenderaftreksel opgelos in 1 liter water
.2e jong uie, fyngekap
.2e botter
.2e olyfolie
.400g Italiaanse Arborio-rys
.knypie vars saffraan opgelos in 300 ml kookwater
.sout en peper na smaak
.1e gerasperde parmesaankaas
Só maak mens:
1. Verhit die aftreksel in ’n groot kastrol totdat dit prut.
2. Braai die jong uie in ’n pan in botter en olie totdat dit deurskynend is.
3. Voeg al die rys by en roer totdat dit glinster. Voeg dan 150 ml aftreksel met ’n skeplepel by.
4. Roer die rys en skep weer vloeistof by wanneer die mengsel amper droog is. Herhaal die proses totdat die aftreksel op is.
5. Voeg saffraan by wanneer die rys amper gaar is.
6. As jou aftreksel opraak, voeg warm water by.
7. Die rys is gereed wanneer dit sag, maar nog ferm is. Italianers noem dit al dente – met die tande.
8. Voeg sout en peper na smaak by en heel laaste die kaas.
9. Sit voor met osso bucco bo-op en strooi die gremolata oor alles.
Comments