top of page

Murgpampoentjie-en-suurlemoensmeerkoek

  • Smulpaap
  • May 22, 2015
  • 1 min read

Murgpampoentjie-en-suurlemoensmeerkoek.jpg

Dit klink dalk of hierdie koek ongewoon is, maar die geure komplementeer mekaar perfek in ’n ongelooflike kombinasie.

Genoeg vir 8.

Jy het nodig:

Koekbeslag:

3 ekstragroot eiers

200ml kookolie

225g strooisuiker

350g bruismeel

5ml koeksoda

5ml bakpoeier

400g murgpampoentjies, gerasper

100g rosyntjies

Vir die versiersel:

250g roomkaas

100g versiersuiker, gesif sap van 1 lemmetjie

1 vanieljepeul, oopgesny en saadjies verwyder

100ml suurlemoensmeer (tuisgemaak indien moontlik)

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer en voer die bodems van twee 22cm-koekpanne uit.

2. Maak die koek: Klop die eiers, olie en suiker saam tot ligkleurig, dik en donsig. Sif die droë bestanddele saam en vou by die eiermengsel in.

3. Roer die gerasperde murgpampoentjies en rosyntjies in. Giet die beslag in die voorbereide panne en bak vir 30minute of tot effens goudbruin en ferm as jy daaraan raak.

4. Versier en sit aanmekaar: Om die versiersel te maak, meng al die bestanddele saam (buiten die suurlemoen-smeer). Moenie die roomkaas te veel roer nie. Smeer die roomkaasversiersel oor elke laag. Smeer ook ’n paar ruim skeppe suurlemoensmeer oor. Pak die lae op mekaar. Plaas in die yskas tot ferm of sit net so voor.

Wenk: Smeer suurlemoensmeer oor die koek en versier met vars vyhelftes (indien in seisoen).

*Uit Sarah Dall se boek ''n Liefde vir Bak'.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page