top of page

Onderstebo pynappel-en-granaatkoek

  • Seline & Leandri van der Wat
  • May 22, 2015
  • 2 min read

Onderstebo pynappel-en-granaatkoek.jpg

Dié koek is perfek vir dié tyd van die jaar omdat dit warm uit die oond voorgesit word saam met heerlike, tuisgemaakte vla en dekadente chantillyroom. Jy kan die pynappel en granaatpitte deur ander vrugte vervang.

Jy het nodig:

Vir die pynappel-en-granaatkaramel:

65g botter

140g suiker

die saadjies van 1 vanieljepeul

½ pynappel, in dun skyfies gesny

100ml granaatpitte

Vir die sponskoek:

170g sagte botter

340g strooisuiker

3 eiers

200g meel

12ml bakpoeier

40ml melk

10ml vanieljegeursel

Vir die tuisgemaakte vla:

400ml melk

4 eiergele

80ml strooisuiker

Vir die chantillyroom:

300ml vars room

die saadjies van 1 vanieljepeul

100ml versiersuiker

Só maak ’n mens

1. Maak die karamel eerste: Smelt die botter in ’n kastrol en roer die suiker by. Laat dit liggies prut totdat ’n gladde karamel vorm (dit behoort binne 5 minute te gebeur).

2. Roer die vanieljesaadjies by, asook die dun pynappelskyfies en die granaatpitte, en laat nog ’n minuut borrel.

3. Skep hierdie mengsel in die bodem van ’n 25cm-losbodem-koekpan wat deeglik gesmeer en met bakpapier uitgevoer is.

4. Maak die sponskoekbeslag aan terwyl die karamel afkoel: Klop die botter en strooisuiker saam tot lig en donsig. Voeg die eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging.

5. Sif die meel en bakpoeier saam en voeg die helfte daarvan by die bottermengsel.

Klits die melk en vanieljegeursel by, gevolg deur die res van die meel.

6. Skep die beslag versigtig in die koekpan.

Bak 45 minute by 180°C. Laat effens in die pan afkoel en keer dan uit sodat die pynappel-en-granaatkaramel bo is. Sit warm saam met vla of chantillyroom voor.

7. Om die vla te maak: Verhit die melk (dit moenie kook nie) in ’n kastrol. Klits die suiker en eiergele saam in ’n mengbakkie. Giet ’n klein bietjie (sowat 80ml) van die warm melk by die eiermengsel en klits aanhoudend. Dié stap is nodig, want dit keer dat die vla skif. Voeg nou die eier-en-melkmengsel by die res van die melk in die kastrol.

Roer aanhoudend oor matige hitte totdat die vla dik en romerig is.

8. Om die chantillyroom te maak: Voeg die vanieljesaadjies by die room en klits dit tot die sagtepunt-stadium. Sif die versiersuiker oor die room en hou aan klits totdat die room heerlik dik is. Sit dadelik voor.

 
 
 

Yorumlar


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page