top of page

Ongewone warmsjokolade

  • Leandri & Seline van der Wat
  • May 22, 2015
  • 2 min read

Ongewone warmsjokolade.jpg

Genoeg vir 6.

Jy het nodig:

150ml room

200g donkersjokolade

90ml kondensmelk

360ml espresso

1 liter melk

’n knypie sout

Vir die malvalekkers:

500g strooisuiker

1e glukosestroop (beskikbaar by bakwinkels)

1½k koue water

25ml gelatienpoeier

70g eierwit (botteltjies met eierwit is beskikbaar by onder meer Woolworths)

1t fyngerasperde suurlemoenskil

1t fyngerasperde vars gemmerwortel

mielieblom

Só maak ’n mens

1. Maak eerste die malvalekkers deur 450ml van die strooisuiker, die glukosestroop en 185ml van die water in ’n kastrol te verhit tot 127°C (jy gaan ’n suikertermometer hiervoor nodig hê).

2. In ’n afsonderlike bakkie, sprinkel die gelatien oor 185ml koue water en laat 5 minute staan. Verhit dan die gelatien in die mikrogolf vir 45 sekondes totdat die gelatien gesmelt het (die mengsel moet deurskynend wees).

3. Klits die eierwit met ’n elektriese klitser tot skuimerig en voeg dan die res van die strooisuiker by en klits op hoog tot blink. Sodra dit sagte punte maak, voeg die warm gelatien stadig en in ’n dun straaltjie by terwyl jy aanhoudend klits.

4. Sodra die gelatien heeltemal bygeklits is, voeg die warm suikerstroop ook in ’n dun straaltjie by terwyl jy teen hoë spoed klits. Hou aan klits totdat die suikerstroop heeltemal vermeng is. Verlaag die spoed en klits op ­medium-hoog die suurlemoenskil en gemmer by. Klits totdat die mengsel kamertemperatuur bereik.

5. Giet die mengsel in gesmeerde panne en laat 3 uur staan totdat gestol. Sif mielieblom oor voordat jy die malvalekkers in vorms van jou keuse sny.

6. Om die sjokolade-ganache te maak, verhit die room in die mikrogolf totdat dit net begin stoom. Breek die donkersjokolade in klein stukkies en plaas dit in ’n mikrogolfbestande bak. Giet die warm room en die kondensmelk oor en plaas terug in die mikrogolf vir 30 sekondes. Laat ’n paar minute staan sodat die sjokolade kan smelt. Voeg die knippie sout by (dit versterk die smaak van

die sjokolade) en roer dan deeglik tot glad. Verdeel die ganache ­eweredig tussen koppies of latte-glase.

7. Laat die melk opkook in ’n kastrol en voeg die vanieljegeursel by. Verdeel die warm melk tussen die koppies of glase. Ons gooi die melk stadig in om te voorkom dat die ganache- en melklae meng voordat jy die drankie voorsit.

8. Gooi nou 60ml espresso (of sterk kitskoffie van goeie gehalte) by elke koppie. Giet die koffie stadig oor die agterkant van ’n eetlepel om te voorkom dat die lae meng.

9. Kap nou die malvalekkers in klein blokkies en sprinkel bo-oor die dekadente drankie. Gebruik ’n blaasvlam om die malvalekkers ’n bietjie kleur te gee. Sit die drankies warm voor met ’n teelepel vir elkeen om dit mee te roer en die malvalekkers af te skep, indien verkies.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page