Oreo-pops
- May 22, 2015
- 1 min read

Hierdie koekies is vreeslik maklik om te maak en lyk nogal indrukwekkend. Al wat jy nodig het, is ’n bietjie geduld en siedaar, iets handgemaak om jou geliefde mee te bederf.
Jy het nodig:
6-10 Oreo-koekies
6-10 houtsosatiestokkies
sowat 200g witsjokolade
pienk voedselkleursel (opsioneel)
versierinkies van jou keuse (soos honderde-en-duisende of hartjievormige of blink sprinkles)
Só maak ’n mens:
1. Druk die sosatiestokkies versigtig tussen die twee koekies van die Oreo in (berei jouself voor dat jy minstens een of twee mislukkings gaan hê).
Plaas die koekies op ’n bakplaat wat met waspapier uitgevoer is.
2. Smelt die sjokolade in die mikrogolf en roer ’n paar druppels pienk voedselkleursel by.
3. Drup nou die gesmelte sjokolade versigtig oor die hele koekie sodat dit mooi bedek is en ’n mens
nie meer die koekie self kan sien nie. Moenie te veel sjokolade gebruik sodat dit afdrup en rondom die koekie versamel nie.
4. Sprinkel ietsie moois van jou keuse oor, verkieslik iets pienk of rooi. Plaas die bakplaat in die yskas sodat die sjokolade kan hard word.
5. Wanneer die sjokolade hard is, lig die pops versigtig van die bakpapier af. Breek enige oortollige sjokolade af sodat dit mooi rond is.
Rangskik in ’n glasflessie (gooi suiker onder in sodat die stokkies regop kan staan) en gee dit aan jou spesiale iemand.
Comentários