top of page

Outydse lamspastei

  • Errieda du Toit
  • May 22, 2015
  • 1 min read

Outydse lamspastei.jpg

Ek het hierdie resep vir ’n vleispastei-vulsel gekry in ’n ou bêreboekie van my ma met tradisionele resepte wat die maatskappy Shell in 1949 uitgegee het.

Volg dit vir ’n outentieke smaak, of laat die hardgekookte eier en ham uit en geur die pastei met vars kruisement. Bedien 8.

Jy het nodig:

4 pond (1,8 kg) lamsvleis (jy kan ook beesvleis of hoender byvoeg)

2 wituie, in ringe gesny

1 blaartjie foelie (dit is die dop van neutmuskaat)

2 onse (30g/4E) botter

sap van 1 suurlemoen

1 glas witwyn

1 E sago

2 hardgekookte eiers

1 rou eier (geskei)

’n paar skyfies ham

’n bietjie wonderpeper

sout en peper na smaak

kors van jou keuse (skilferkors, broskors, sodawaterdeeg of suurroomkors)

Só maak ’n mens:

Sny die vleis in netjiese stukkies.

Smoor die uie in die botter. Voeg nou al die bestanddele by, behalwe die eiers, sago en suurlemoensap.

Stowe nou die vleis tot heerlik sag.

Voeg die sago en ’n goeie klont botter by.

Roer totdat die sago gaar is.

Klits die geel van ’n eier goed op. Klits ’n bietjie water by en dan die suurlemoensap. Voeg by die vleis.

Gooi nou die mengsel in ’n pasteiskottel.

Sny die hardgekookte eiers in skyfies en sit op die mengsel.

Bedek met die uitgerolde kors en smeer die wit van die eier oor.

Prik die deeg en bak in ’n warm oond totdat die kors goed gaar en bruin is.

 
 
 

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page