top of page

Peer-en-haloumislaai

  • Uit: Elke dag koningskos deur Christine Capendale
  • May 22, 2015
  • 1 min read

peer en haloumi.jpg

Genoeg vir 8.

Jy het nodig:

Vir die gekaramelliseerde pere:

9 ferm pere, geskil, ontkern en gehal- veer

500ml water

250ml suiker

150ml soetwyn

2 kaneelstokkies

gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen

10ml grofgemaalde swartpeper

2 steranyse

30ml botter

Vir die gekaramelliseerde okker- neute:

25ml botter

15ml suiker

50g okkerneute

Vir die slaai:

baba-kropslaaiblare

roketblare

16 skyfi es halloumikaas

Vir die peer-vinaigrette:

1 geposjeerde peer, gehalveer

80ml olyfolie

15ml Dijonmosterd

2 knoffelhuisies, fyngedruk

60ml rooiwynasyn

60ml afgekookte peerstroop

Só maak ’n mens:

Begin met die gekaramelliseerde pere:

1. Meng al die bestanddele saam, behalwe die botter, en posjeer die pere tot gaar maar steeds ferm.

2. Verwyder die pere met ’n gaatjieslepel ek kook die vloeistof af tot dit verdik en ’n stroop vorm. Plaas 1 peer eenkant vir die vinaigrette.

3. Braai die geposjeerde peerhelftes in ’n pan met die botter en 30ml van die afgekookte peerstroop tot goudbruin en gekaramelliseer. Laat afkoel.

Berei nou die okkerneute voor:

4. Verhit die botter en suiker in ’n pan en voeg die neute by. Roer vir ’n paar minute tot gekaramelliseer. Laat afkoel.

Maak nou die peer-vinaigrette:

5. Meng al die bestanddele saam in ’n voedselverwerker tot die peer fyn is. Hou eenkant.

Sit alles bymekaar:

6. Verdeel die baba-kropslaaiblare en roketblare tussen agt borde. Plaas twee peerhelftes bo-op elke hopie blare en sprinkel van die okkerneute oor.

7. Panbraai die halloumi in botter en rangskik twee skyfies bo-op die pere op elk van die slaaiporsies. Besprinkel met die peer-vinaigrette.

Foto: Myburgh du Plessis

 
 
 

コメント


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page