Pekanneut-blondies
- Karla Janse van Vuuren
- May 22, 2015
- 1 min read

’n “Blondie” is soos ’n “brownie”, maar van witsjokolade gemaak. Dié koekies is binne lekker taai en buite bros. Die resep lewer sowat 18 blokkies.
Jy het nodig:
. ½koppie gesmelte botter
. 1 koppie ligte bruinsuiker
. 1 koppie meel
. ½t bakpoeier
. ¼ t koeksoda
. ¼ t sout
. 1 eier
. 1t vanieljegeursel
. ½ koppie witsjokolade-splinters of gekapte witsjokolade van jou keuse
. ½ koppie liggies geroosterde pekanneute
Só maak ’n mens:
1. Voorverhit die oond tot 180°C.
Smeer ’n 20cm x 20cm-bak.
2. Meng die botter en bruinsuiker in ’n mengbak.
3. Meng die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ’n ander bak.
4. Klits die eier en vanieljegeursel by die suikermengsel.
5. Voeg die meel by die suikermengsel en meng deeglik. Roer dan die sjokolade en neute by.
6. Skep die deeg in die voorbereide bak en bak 20 minute of tot deurgaar (dit is reg al is die mengsel nie heeltemal ferm in die middel nie).
7. Laat afkoel en sny in blokkies.
–Aangepas van baking.about. com
Foto: Gerrie Janse van Vuuren
留言