Red Velvet Whoopie-Pie
- Herman Lensing
- May 22, 2015
- 1 min read

Errieda du Toit was tot onlangs ’n self-erkende bokssnob, totdat ’n resep vir woepsies haar tot inkeer gebring het.
Sarie se rooifluweel-woepsies
Herman Lensing se whoopie pie-resep verskyn in Sarie se Augustus-uitgawe. Die pienk peperkorrels is opsioneel, maar feestelik. Ek vind selfs kinders hou daarvan.
Genoeg vir 24 koekies
Jy het nodig:
.1 x Ina Paarman-sjokoladekoekmengsel
.250ml karringmelk
. 250ml kanola-olie
. 3 groot eiers
. 1 x 30ml-botteltjie rooi koskleursel
Roomkaasvulsel:
. 120g sagte botter
. 240g versiersuiker, gesif
. 230g roomkaas (my wenk: gebruik Simonsberg tradisionele roomkaas. Kyk uit dat ander handelsname se verpakking nie dalk 180g is nie)
. Pienk peperkorrels vir rol: dis opsioneel
Só maak mens:
1. Verhit oond tot 180°C.
2. Plaas koekmengsel, karringmelk, olie, eiers en kleursel in mengbak. Roer met draadklitser tot gladde mengsel en vul ’n spuitsak met ’n 1cm-tuit.
3. Vul whoopie-panholtes of spuit 2,5 cm-sirkels op ’n bakplaat met kleefwerende kossproei gespuit. Bak 8-12 minute of tot gaar. Laat afkoel.
4. Roomkaas-vulsel: Plaas botter in elektriese menger en klits tot romerig vir sowat 5-8minute. Voeg versiersuiker en roomkaas by. Meng goed. Skep ’n bietjie van die versiersel op die helfte van die gaar koekies. Plak elkeen toe met een sonder versiersel. Sif versiersuiker oor en sit voor.
Rol party op hul kant in pienk peperkorrels.
Foto: Roxy Laker
コメント