top of page

Retro-kerriesosaties

  • Op Callie en Mari-Louis se Sondagtafel
  • May 22, 2015
  • 2 min read

Gebakte patatbeursies.jpg

Jy het nodig:

Vir die marinade:

4 uie in kwarte gesny

45ml (3e) gladde appelkooskonfyt

12 vars suurlemoenblare, gekneus

90ml (6e) matige kerriepoeier

15ml (1e) borrie

5ml (1t) worcestersous

125ml (½ k) melk

30ml (2e) bruinsuiker

5ml (1t) fyn koljander

250ml (1 k) appelasyn

2cm vars gemmerwortel, in dun skyfies gesny

5ml (1t) fyn kaneel

2 lourierblare

sout en peper

Vir die sosaties:

2kg ontbeende lamsboud, in blokkies gesny

24 gedroogde appelkose

2 pakkies (250g elk) spek, in repe gesny

12 Peppadews

vars suurlemoen- of lemoenblare

12 houtsosatiestokkies

Vir die sous:

30ml (2e) plantaardige olie

2 uie, in skywe gesny

15ml (1e) kerriepoeier

30 ml (2e) koekmeel

15ml (1e) suiker

30ml (2e) asyn

30ml (2e) perske- of appelkoosblatjang

500ml (2 k) hoenderaftreksel

’n knippie sout

Só maak ’n mens:

1 . Meng al die bestanddele vir die marinade in ’n bak (maar moenie ’n metaalbak gebruik nie).

Werk die marinade ligweg deur die vleis, bedek en plaas in die yskas vir twee dae. Jy kan dit vir tot vyf dae in die yskas hou.

2. Week die sosatiestokkies in kookwater totdat die water afgekoel het.

3. Ryg die vleis, uie uit die marinade, appelkose, spek, Peppadews en suurlemoen- of lemoenblare op die stokkies.

4. Sit die sosaties terug in die yskas in die marinade totdat jy reg is om dit te braai.

5. Plaas dit oor warm kole totdat die vleis buite bruingebraai maar nog pienk binne-in is. Sit voor saam met die kerrieroomsous.

6. Om die kerrieroomsous te maak: Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte. Braai die uie en die kerriepoeier in die olie totdat die uie sag en deurskynend is.

Voeg die meel by en roer totdat dit ligbruin verkleur. Voeg die suiker, asyn en blatjang by en voeg die hoenderaftreksel geleidelik by terwyl jy aanhou roer. Bring tot kookpunt en kook vir 2 minute. Geur met sout na smaak.

* Wenk: Jy kan 'n kombinasie van vark- en lamsvleis gebruik.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page