Rissiepit (warm rissiekonfyt)
- Riana Scheepers
- May 22, 2015
- 1 min read

Riana beveel aan dat mens hierdie warm rissiekonfyt oor ’n sagte camembert of op ’n blok roomkaas eet.
Jy het nodig:
2-3 bloedrooi soetrissies
8-10 rooi brandrissies
’n paar suurlemoenpitte
375 ml (1½ k) witasyn
1,2 kg (1,5l / 6k) suiker
85 ml (1/3 k) suurlemoensap
So maak mens:
1. Halveer al die rissies, haal die wit gedeelte en pitte uit (hou ’n paar van die soetrissies se pitte eenkant) en sny alles in stukke. Verpulp die rissies in ’n voedselverwerker met ’n klein bietjie water.
2. Voeg nou ’n teelepel of so van die rissiepitte wat jy gehou het by, asook die suurlemoenpitte vir die nodige pektien.
3. Meng die puree met die asyn en kook dit vinnig in ’n groot kastrol vir so 10 min. Die asynwalms is skerp; pasop vir jou oë!
4. Verwyder die kastrol van die hitte. Voeg die suiker en suurlemoensap by en roer totdat die suiker opgelos is. Verhit dit weer tot kookpunt en kook soos gewone konfyt.
5. Verwyder die suurlemoenpitte en bottel die konfyt in warm, gesteriliseerde flessies.
Riana beveel aan om hierdie lekker warm rissiekonfyt oor ’n sagte camembert, of op ’n blok roomkaas tee eet. ‘Subliem’, sê sy.
Comments