Roly-poly poeding
- Life on a Cape Farm
- May 22, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 8 mense
Jy benodig
Vir die deeg:
.300g meel
.2t bakpoeier
.½t sout
.45g yskoue botter, gerasper
.1 eier
.150ml melk
.2e appelkooskonfyt
Vir die sous:
.200g suiker
.5t botter
.500ml water
.50ml suurlemoensap
.5t gouestroop
.’n knippie sout
So maak ’n mens:
Vir die deeg:
1. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter met jou vingerpunte by meelmengsel in.
2. Meng die eier en melk en roer dit by die meelmengsel in totdat dit bymekaar kom om ’n sagte deeg te vorm.
3. Besprinkel meel op ’n skoon kombuisoppervlak en rol die deeg liggies uit tot ’n dikte van sowat 5mm. Smeer die appelkooskonfyt oor die deeg en rol dit dan op om ’n lang wors te vorm. Sny skywe van 5mm uit die deeg-wors. Plaas dit in ’n diep oondvaste bak. Voorverhit solank die oond tot 180°C.
Vir die sous:
4. Verhit al die bestanddele saam oor matige hitte en laat opkook. Kook 5-6 minute lank.
5. Giet die warm sous oor die deegsirkels in die bak en sit dit dan in die oond. Bak sowat 45 minute lank. Die deegsirkels sal goudbruin wees en hul grootte sal verdubbel het wanneer hulle gaar is.
6. Sit voor in poedingbakke saam met tuisgemaakte vanieljevla.
– Resep kom uit Life on a Cape Farm: Country Cooking at Its Best. Foto gebruik met vergunning van Struik Lifestyle.
Comentários