top of page

Rooibos-hoenderslaai

  • Reuben Riffel
  • May 22, 2015
  • 2 min read

hoenderslaai.jpg

Genoeg vir 2.

Dié resep van die sjef Reuben Riffel is somerplesier op sy beste.

Jy het nodig

2 hoenderborsies, sonder vel of been

30 ml growwe seesout

1 blik (400 ml) klappermelk

375 ml sterk rooibos

30 ml strooisuiker

1 rooi brandrissie, ontpit

125 ml vars kruisementblare

1 knoffelhuisie, gekap

sap van 1 suurlemoen

125 ml kanola-olie

125 ml gemengde jong slaaiblare

125 ml uie- of boontjiespruite

3 kersietamaties, gehalveer

1 sprietui, gesny

1 avokadopeer

Só maak ’n mens

1. Vryf die hoenderborsies met die sout in en plaas 1 uur lank in die yskas.

2. Voorverhit die oond tot 150 °C.

3. Plaas die klappermelk, 250 ml van die rooibos en 15 ml van die strooisuiker in ’n plat oondpan.

Sit die hoenderborsies in die klappermelkmengsel.

4. Bak 20 minute lank of tot die hoender gaar is.

5. Verwyder uit die oond en laat dit afkoel. Haal die hoender uit die vloeistof en plaas in die yskas tot yskoud. (Gebruik die klappermelkmengsel om sop of ’n sous te maak of vir ’n vis- of noedelgereg.)

6. Meng die brandrissie, twee kruisementblare, knoffel en ’n bietjie sout in ’n vysel en maak dit fyn met ’n stamper. Voeg die suurlemoensap, die res van die rooibos, die res van die strooisuiker en die olie by en meng goed.

7. Sny die hoender in dun repies. Meng die hoenderrepies met die res van die kruisement, die slaaiblare, spruite, tamaties en sprietui. Sny die avokado in blokkies en plaas dit in hopies in die middel van twee borde. Voeg die slaaisous by die slaaimengsel en skep dit bo-op die avokado. Sprinkel ’n bietjie ekstra slaaisous oor.

Foto: Danie Nel Photography

Resep uit die kookboek 'n Tikkie Rooibos.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page