Sampioensous
- Samarie Smith
- May 22, 2015
- 1 min read

Sampioensous - Samarie Smith
Dis mos maar altyd ’n wenner.
’n Ligter weergawe pas beter by jou witwyne en ’n swaarder en romeriger weergawe is meer geskik vir jou gehoute witwyne en rooiwyne.
Maar jy kan alles van hoender tot filet daarin doop en dit oor die kinders se burgers skep.
Jy benodig:
■ 2 e botter
■ ½ ui, opgekap
■ 2 knoffelhuisies, opgekap
■ 250g sampioene, opgesny
■ 2 e sojasous
■ 2 e worcestersous
■ 1 k hoenderaftreksel
■ 1½ k room
■ tiemieblare, opgekap
■ vars pietersielie, opgekap
■ sout en peper
Só maak ’n mens:
Soteer die uie, knoffel en sampioene in ’n pan.
Voeg die sojasous, worcestersous en aftreksel by en prut oor ’n lae hitte vir 5 minute.
Gooi die room by en reduseer tot lekker dik.
Skep die mengsel in ’n voedselverwerker en versny tot ’n growwe tekstuur.
Voeg laastens die kruie, sout en peper na smaak by.
Comentarios