top of page

Sjokolade en Van der Hum-kolwyntjies

  • Simone Balman
  • May 21, 2015
  • 2 min read

Sjokolade en Van der Hum-kolwyntjies.jpg

Jy het nodig:

2 k (280 g) koekmeel

1 t (5 ml) sout

1 t (5 ml) bakpoeier

2 t (10 ml) koeksoda

¾ k (60 g) onversoete kakaopoeier

2 k (440 g) suiker

1 k (250 ml) plantolie

1 k (250 ml) warm koffie

1 k (250 ml) melk

2 groot eiers

1 t (5 ml) lemoen-essens

Ganache

165 ml dik room

1 k (225 g) donker sjokolade

2 E (30 ml) botter

2 E (30 ml) Van der Hum-likeur

Versiersel

½ k (115 g) botter of bakmargarien

2 ½ k (280 g) gesifte versiersuiker

4 E (60 ml) Van der Hum-likeur

3 E (120 ml) onversoete kakaopoeier

Versierings

Versuikerde sitrusskil

Donker sjokoladeskaafsels

Só maak ‘n mens:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer 24 holtes van kolwyntjiepanne met papiervorms uit.

2. Sif al die droë bestanddele saam. Voeg die olie, koffie en melk by, stel die menger op medium spoed en meng vir 2 minute. Skraap die onderkant van die mengbak met ‘n slaplemmes om seker te maak dat al die bestanddele goed gemeng is. Voeg die eiers en lemoen-essens by en klits nog 2 minute.

3. Skep lepelsvol beslag versigtig in elke papiervorm totdat dit sowat twee derdes vol is. Moenie dit te vol maak nie omdat dit baie rys. Bak vir 17 – 20 minute of totdat ‘n pen wat jy in die middel van ‘n kolwyntjie steek skoon uitkom. Laat vir so 5 minute afkoel voordat jy dit op ‘n rak uitkeer.

4. Sny holtes 1 ½ - 2 cm diep met ‘n appelboor, klein ronde koekiesnyer of ‘n mes in die bokante van die afgekoelde kolwyntjies. Sny die onderste dele van hiersie stukkies koek af en hou die bokante as deksels.

5. Om die ganache te maak, verhit die room totdat dit net begin prut en smelt die sjokolade in die warm room. Roer tot glad. Voeg die botter en die Van der Hum-likeur by. Laat die ganache afkoel totdat dit dik is, maar steeds sag genoeg is om oor die kolwyntjies gespuit te word (jy kan dit ook vir ongeveer 10 minute in die yskas sit, maar moenie te dik raak nie).

6. Plaas 4 – 6 stukkies versuikerde sitrusskil in elke kolwyntjie-holte. Skep die ganache in ‘n plastieksak en draai die bopunt om dit te verseël. Sny die punt van een van die hoeke af en spuit die ganache in die kolwyntjieholtes. Vul dit tot heel bo en sit die deksels op.

7. Om die versiersel te maak, verroom die botter goed in ‘n elektriese menger. Voeg die helfte van die versiersuiker geleidelik by totdat dit baie goed gemeng is. Voeg ‘n bietjie van die Van der Hum om die beurt met die res van die suiker en die kakaopoeier by totdat die versiersel dik genoeg lyk om te smeer of te spuit.

8. Versier die kolwyntjies met die versiersel en strooi versuikerde sitrusskil en sjokoladeskaafsels oor.

**Alternatiewe: Cointreau of Mandarine Napoléon

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page