Sjokolade-bondeltjies
- Carmen Niehaus
- May 22, 2015
- 1 min read

Die hawermout maak van dié happies ’n gesonder keuse. Tog is dit ’n wenner wat pa van oor tot oor sal laat glimlag. Dit lewer sowat 40 klein bondeltjies, of 20 groteres.
Jy het nodig:
. 500ml suiker
. 100g botter
. 125ml melk
. 125ml kakao
. 750ml hawermout
. 250ml klapper
. 5ml vanieljegeursel
So maak ’n mens:
1. Plaas ’n paar velle bakpapier gereed op bakplate.
2. Plaas die suiker, botter, melk en kakao in ’n groot kastrol. Verhit tot kookpunt terwyl jy aanhoudend roer. Kook dan vir 5 minute.
3. Meng intussen die hawermout en die klapper. Verwyder die kakao-mengsel van die stoof en roer die hawermoutmengsel en die vanieljegeursel by.
4. Skep teelepelsvol van die mengsel in mini-kolwyntjiepapiere, of skep net hopies op die bakpapier. Laat afkoel en bêre dan in ’n lugdigte houer.
– Uit Wenresepte 2000: Gunstelinge van toeka tot nou deur Carmen Niehaus. Die boek word deur Human & Rosseau uitgegee.
Foto: Gerrie Janse van Vuuren
Comments