top of page

Sjokolade-kardamom-en-koffiekoek

  • Leandri & Seline van der Wat
  • May 22, 2015
  • 1 min read

sjok koffie cardamom koek.jpg

Jy het nodig:

Vir een koek met vier lae:

250ml water

4 kardamompeule, gekneus

450ml meel

500ml strooisuiker

190ml kakaopoeier

15ml bakpoeier

1e sout

2 groot eiers

125ml sonneblomolie

250ml volroommelk

een sopie espresso (of 5ml kitskoffiepoeier, opgelos in 15ml warm water)

12ml vanieljegeursel

Vir die sjokolademousse-versiersel:

200ml vars room

200g sjokolade (donker- of melksjokolade)

1 eiergeel

1 eierwit

Vir die koek:

1. Kook die 250ml water en plaas die kardamompeule daarin. Laat dit minstens ’n uur trek.

2. Meng al die ander bestanddele in ’n groot mengbak en klits teen mediumspoed met ’n elektriese klitser tot goed gemeng.

3. Verwyder die kardamompeule uit die water. Verhit weer die water in die mikrogolfoond tot stomend en gooi dit dan stadig by die deeg terwyl jy teen hoë spoed klits (die deeg sal baie loperig wees).

4. Bespuit vier 20cm-koekpanne met kleefwerende kossproei en verdeel die deeg eweredig tussen die panne. Bak die koeke teen 180°C vir 14 minute.

Laat afkoel, keer uit en laat heeltemal afkoel voordat jy met die sjokolademousse-versiersel versier.

Vir die versiersel:

1. Verhit 50ml van die room tot stomend.

2. Breek die sjokolade in stukkies en plaas in ’n mengbak. Gooi die warm room oor die sjokolade. Roer totdat die sjokolade gesmelt het.

3. Klits die eiergeel.

4. Klits die res van die room styf en vou dit by die sjokolade in.

5. Klits die eierwit styf en vou dit ook by die sjokolademengsel in.

Laat die versiersel heeltemal afkoel in die yskas, vir minstens 30min., voordat jy begin om die koek te versier.

Foto: Leandri & Seline van der Wat

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page