top of page

Sjokolademousse-kaaskoek met ’n Oreo-basis

  • Leandri & Seline van der Wat
  • May 22, 2015
  • 2 min read

Sjokolademousse-kaaskoek_met_’n_Oreo-basis.jpg

Jy het nodig:

Vir die kaaskoek:

200g Oreo-koekies

50g botter, gesmelt

5ml koffiepoeier

5ml Milo

460g roomkaas

20ml mielieblom

145ml strooisuiker

2ml sout

die fyngerasperde skil van ’n halwe suurlemoen

5ml suurlemoensap

die saadjies van 2 vanieljepeule

4eiers

5ml vanieljegeursel

125ml suurroom

Vir die sjokolademousse:

200g donker- of melksjokolade

1 eiergeel

1 eierwit

200ml vars room

Só maak ’n mens:

1. Maak eerste die kaaskoekbasis deur die Oreo-koekies fyn te druk en dit te meng met die koffiepoeier en Milo.

2. Meng die botter bietjies-bietjies by. Die mengsel moet sy vorm behou as jy dit tussen jou vingers vasdruk.

3. Smeer ’n 20cm-losboompan met botter (of bespuit met kleefwerende kossproei) en voer die buitekantste, onderste helfte van die pan met foelie uit.

4. Druk die Oreo-mengsel deeglik op die bodem van die pan vas en sit dan in die yskas om te verkoel tot hard.

5. Begin solank met die vulsel van die kaaskoek deur die roomkaas en mielieblom saam te klits tot sag en donsig.

6. Voeg die sout en strooisuiker by en klits goed.

7. Skraap die saadjies uit die vanieljepeule en voeg dit by die roomkaasmengsel. Roer ook die suurlemoensap en -skil by.

8. Klits die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging.

9. Voeg die vanieljegeursel en suurroom by en klits goed.

10. Skep die vulsel in die voorbereide pan en sit dan die pan binne-in ’n groot, oondvaste bak.

11. Maak ’n bain marie (waterbak) deur die bak halfpad met kookwater te vul (die water moet sowat halfpad teen die kant van die pan met die kaaskoek wees).

12. Bak die kaaskoek 40 minute by 160°C. Haal dan uit die oond en laat in die waterbad afkoel. Haal dan uit en plaas in die yskas. Sodra dit heeltemal koud is, kan jy die sjokolademousse bo-op die kaaskoek spuit.

13. Om die sjokolademousse te maak, verhit 50ml van die room tot stomend. Breek die sjokolade in stukkies en plaas in ’n bakkie. Giet die warm room oor die sjokolade en roer tot gesmelt. Klits nou vinnig die eiergeel by.

14. Klits die res van die room styf en vou by die sjokolademengsel in.

15. Klits die eierwit styf en vou dit ook by die sjokolademengsel in.

Laat ten minste 30 minute in die yskas afkoel voordat jy dit in ’n versiersak skep en bo-op die kaaskoek spuit.

 
 
 

Σχόλια


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page