top of page

Skelvis-sop

  • Karla Janse van Vuuren
  • May 22, 2015
  • 2 min read

Skelvis-sop.jpg

Die aartappelblokkies in dié heerlike, romerige sop sorg dat dit ’n vullende maaltyd is. My ma maak dit al jare lank en die resep kom uit ’n Soups and Stews-boek wat in die 1990’s by Woolworths te koop was. Die sop vries goed (laat net die room weg en roer dit by wanneer jy dit wil voorsit).

Genoeg vir 4-6.

Jy benodig:

500g bevrore skelvis­filette

1 groot aartappel, in klein blokkies gesny

1 selderystokkie, gekap

1 middelgroot ui, gekap

50g botter

1 repie swoerdlose spek, fyngekap

2e meel

½t mosterdpoeier

½t Worcestersous

1k melk

½k vars pietersielie, fyngekap

60ml room

Só maak ’n mens:

1. Plaas die bevrore skelvis in ’n groot kastrol en voeg genoeg water by om dit te bedek. Laat opkook, verlaag die hitte en prut vir sowat 8 minute of tot die vis gaar is. Dreineer, maar behou van die water waarin jy die vis gekook het. Vlok die vis met ’n vurk en hou eenkant tot benodig.

2. Plaas die aartappel, seldery en ui in ’n kastrol en giet genoeg van die water waarin die vis gekook is by om die groente te bedek. Laat opkook, plaas ’n deksel skuins op en prut tot die aartappels net-net gaar is (dit moenie pap kook nie).

3. Smelt die botter in ’n groot kastrol, voeg die spek by en braai tot gaar. Roer die meel, mosterdpoeier en Worcestersous by en roer tot glad.

4. Giet die melk geleidelik by en roer aanhoudend oor lae hitte tot glad. Verhoog die hitte effens en roerkook vir 5 minute tot dik.

5. Voeg die groente (en die vloeistof waarin jy dit gekook het) by en dan die pietersielie en die vis. Prut oor lae hitte vir 5 minute tot deurwarm. Roer die room by net voordat jy die sop wil voorsit.

Foto: Nelius Rademan

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page