Soetkoekies
- Leandri & Seline van der Wat
- May 22, 2015
- 1 min read

Jy benodig:
200g botter teen kamertemperatuur
200g strooisuiker
3 eiers
430g meel
1vanieljepeul, met die sade verwyder
2knippies gemengde speserye
330g versiersuiker
5ml suurlemoensap
Só maak mens:
1.Room die botter en strooisuiker tot dit ’n bleekgeel kleur het.
2.Voeg een van die eiers, die sade van die vanieljepeul en die gemengde speserye by en meng goed.
3.Voeg die meel by en meng goed.
4.Rol die deeg in kleefplastiek toe en laat dit in die yskas staan vir sowat 40minute.
5.Sodra die deeg koud is, verwyder dit uit die yskas en rol dit uit op ’n plat oppervlak wat met meel bestrooi is tot dit sowat 5mm dik is.
6.Sny dit in vormpies uit en plaas op ’n bakplaat in die oond. Bak 8-10 minute teen 180°C.
7.Laat afkoel voor jy versier.
Versiersuiker
Só maak mens
1.Skei die oorblywende twee eiers.
2.Klits die eierwitte saam met die versiersuiker en die suurlemoensap tot styf (sowat 3-7 minute).
3.Sit dit in ’n buis en versier of smeer die versiersuiker op die soetkoekies.
コメント