Soetsuur-boerewors
- Rita van Dyk
- May 22, 2015
- 1 min read

Rita van Dyk se plan om boerewors ’n bietjie anders gaar te maak.
Jy benodig:
.1 blik (440g) pynappelringe (gedreineer, maar hou die sous)
.1kg wors
.6sosatiestokkies in water geweek
.12kersietamaties
.12Peppadews
.1t mosterdpoeier
.1e suiker
.1e suurlemoensap
.1e sojasous
So maak ’n mens:
Sny die pynappelringe in kwarte. Sny die wors in 6 ewe groot stukke en vou dit in ’n S-vorm.
Druk dit op die sosatiestokkie met ’n stukkie pynappel, ’n kersietamatie en ’n Peppadew in elke vou.
Meng die pynappelsous, mosterdpoeier, suiker, suurlemoensap en sojasous saam. Verf dit oor die wors terwyl jy dit oor matige hitte braai.
Pasop vir té warm kole want dan sal die groente brand.
Comentarios