Spesery-aarbeie op amaretto-ricotta
- Errieda du Toit
- May 22, 2015
- 1 min read

Hier is ’n maklike, fraai en vrugtige nagereg wat sitrusskil, kaneel, amandel-likeur, swartpeper en balsamiese asyn inspan om die blomgeure van die lente te komplementeer.
Jy benodig
.400g ryp aarbeie, in helftes gesny
.250g vars ricottakaas
.15ml amaretto-likeur (dis ’n soet Italiaanse amandel-gegeurde likeur)
.’n spatsel balsamiese asyn
Vir die speserysuiker
.½kaneelstokkie
.6 peperkorrels, gestamp
.6 e suiker
Metode
1.Rasper suurlemoen- of lemoenskil.
2.Maak die speserysuiker deur die kaneelstokkie, peperkorrels, suiker en suurlemoenskil in ’n koffiemaler of klein speserymaler saam te maal tot ’n fynerige poeier.
3. Gooi die helfte van die speserysuiker oor die aarbeie en roer dit goed deur sodat die aarbeie sappig raak.
4. Laat staan die aarbeie sodat die speserysuiker se geur sy werk kan doen.
5. Die oorblywende speserysuiker word gemeng met die ricotta. ’n Wenk is om die ricotta met die agterkant van ’n lepel deur ’n sif te druk.
6. Meng die amaretto-likeur en die balsamiese asyn ook by die ricotta.
7. Skep die amaretto-gegeurde ricotta in mooi glasies en lepels vol van die aarbeie bo-oor. Rond dit af met ’n paar ekstra druppels amaretto-likeur.
Foto: Errieda du Toit
Comentarios