Stampkoring-en-spinasieslaai
- Smulpaap
- May 22, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 6-8.
’n Vullende slaai met vars kruie en groente, heerlik as ’n ligte maaltyd op ’n warm dag of as bykos by ’n braai.
Bestanddele:
. 1k stampkoring
. 1 kaneelstokkie of 1 lourierblaar
. ½t sout
. 3e suurlemoensap of witasyn
. 3e sonneblomolie
. swartpeper na smaak
. 2 tamaties, gekap
. ½ komkommer, gekap
. 100g baba-spinasieblare, in repe gesny
. 3e vars pietersielie, gekap
. 3e vars ment, gekap
Só maak mens:
1. Plaas die stampkoring in ’n kastrol saam met die kaneelstokkie (of lourierblaar) en sout. Gooi genoeg water by om dit te bedek. Laat dit opkook.
2. Verlaag die hitte en prut vir 30 minute of totdat die stampkoring gaar is. Dreineer en laat afkoel.
3. Meng die suurlemoensap (of asyn), olie en peper om ’n slaaisous te maak.
4. Meng die groente en kruie met die stampkoring en roer die slaaisous liggies by.
5. Verkoel vir 30 minute en sit koud of by kamertemperatuur voor.
Wenk: Voeg ’n kwart koppie ongesoute grondboontjies by net voordat jy die slaai voorsit. Pynappel is ook heerlik in dié slaai.
댓글