Suurlemoentertjies met aarbei-en-basielkruidsorbet
- Smulpaap
- May 22, 2015
- 1 min read

Jy het nodig:
Tertkors:
50g strooisuiker
100g botter
25ml olie
1 eier
250g meel
5ml sout
10ml bakpoeier
Suurlemoenvulsel:
(genoeg vir 8x10cm klein tertjies)
200ml strooisuiker
4 ekstragroot eiers
250ml room
250ml suurlemoensap
Vanielje-mascarpone:
250g mascarpone
1 vanieljepeul
50g versiersuiker
So maak ’n mens:
1. Maak eerste die tertkors: Verroom die suiker en botter saam. Klits die olie en eiers by. Sif die meel, sout en bakpoeier en voeg by. Laat rus die deeg in die yskas vir 30 minute. Druk in tertkorse en bak vir 12 minute by 180°C tot goudbruin. Orige deeg kan gevries word vir ’n volgende keer.
2. Maak nou die suurlemoenvulsel: Verhit die room tot kookpunt. Klits die suiker en eiers saam tot gemeng. Voeg die room by en klits deeglik. Voeg die suurlemoensap by. Gooi in die tertjies en bak in die oond teen 130°C vir 30 minute. Die vulsels moet nog ’n bietjie beweeg (wobble) in die middel as jy die pan skud. Laat deeglik afkoel.
3. Maak die vanielje-mascarpone: Skraap die vanieljesaadjies uit en meng met die versiersuiker. Vou versigtig by die mascarpone in (mascarpone raak vinnig botterig, so werk versigtig).
Sit voor met ’n skeppie van Whiskaway se aarbei-en-basielkruidsorbet vir ’n heerlike somernagereg.
Foto: Morné van Emmenes
Comments