top of page

Tamatiekonfyt met basielkruid en rissie

  • Leandri & Seline van der Wat
  • May 22, 2015
  • 2 min read

Tamatiekonfyt met basielkruid en rissie.jpg

Jy benodig:

1 kg kersietamaties

750 g wit suiker

30 ml framboos- of appelsider-asyn

1 vars rissie (of ’n eetlepel gedroogde rissievlokkies)

30 g vars basielkruidblare

Só maak ’n mens:

1. Voordat jy begin, plaas ’n klein keramiekbordjie in die vrieskas sodat dit

yskoud kan word. Jy gaan dit later nodig hê om te toets of jou konfyt gereed is.

2. Was die tamaties en sny middeldeur. Plaas in ’n groot kastrol, voeg die suiker en asyn by en laat stadig opkook.

3. Verwyder die pitte van die rissie (ons het ’n habanero-rissie gebruik) en kap fyn. Voeg dit dan by die bestanddele in die kastrol. Kap die basielkruid ook fyn en roer dit by.

4. Laat die mengsel oor matige hitte

opkook en verlaag dan die hitte sodat dit net-net prut. Hou dit by dié temperatuur en prut onbedek. Roer elke nou en dan. Die tekstuur wat jy wil hê is ’n pragtige dik konfyt – afhangende van die grootte van jou kastrol sal dit 45 tot 90 minute neem. Dit is moeilik om te sien wanneer die konfyt gereed is, want dit is meer vloeibaar wanneer dit warm is en verdik natuurlik wanneer dit afkoel. Dit is waar die yskoue bordjie nuttig is.

5. Sodra die konfyt 45 minute lank gekook het, skep ’n teelepel van die konfyt op die koue bordjie. Laat afkoel vir 20 sekondes en trek dan die lepel deur die middel van die skeppie konfyt. As dit sy vorm hou, met die lyn deur die middel duidelik gedefinieer en nie toegevloei met vloeibare konfyt nie, verwyder die kastrol van die hitte. As dit nog te loperig is, hou aan met prut oor lae hitte vir 5 tot 10 minute en herhaal dan die eksperiment.

6. Wanneer die konfyt gereed is, moet jy dit in gesteriliseerde bottels skep (verwys na die instruksies by die resep vir blatjang).

*Dié konfyt is heerlik as deel van ’n kaasbord, as deel van ’n marinade of selfs as ’n bestanddeel in slaaisous.

Foto: Seline van der Wat

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page