Thaise groentekerrie
- Smulpaap
- May 22, 2015
- 2 min read

Genoeg vir vier porsies.
Jy het nodig:
45 ml (3 e) plantolie
30–34 ml (2 tot 3 e) groenrissiepasta (sien hieronder hoe jy dit self kan maak)
1 groot ui, gekap
400 g (’n blikkie) klappermelk
120 g gemengde babamielies en suikerertjies (mangetout)
2 opgekapte sprietuie
200 g choi-blare of Engelse spinasie, effens gekap
100 g mungboonspruite
60 ml (’n kwart koppie) vars koljander, gekap
Groenrissiepasta
3 groenrissies, gekap (jy kan besluit of jy die saadjies wil hou of verwyder)
4 groot knoffelhuisies, afgeskil
4 cm stuk vars gemmer, geskil en gekap
5 ml growwe sout
30 ml (2 e) olyfolie
Maak só vir die groentekerrie:
1. Verhit die olie in ’n kastrol en voeg sowat 2 tot 3 e groenrissiepasta by (jy besluit self hoe warm jy die kerrie wil hê). Braai vir 1-2 minute om die geure te help ontwikkel.
2. Voeg die gekapte ui by en braai tot sag.
3. Voeg die klappermelk en die groente by (los eers die boonspruite en koljander).
4. Laat die mengsel vir 10-15 minute prut totdat die groente sag en deurgekook is.
5. Voeg die boonspruite by en verwyder van hitte.
6. Roer die koljander by.
7. Bedien die groentekerrie in ’n bakkie met noedels of gegeurde rys.
Om jou eie groenrissiepasta te maak:
Kombineer al die bestanddele en maak dit in ’n stamper en vysel fyn totdat dit ’n pasta vorm. Jy kan dit ook in ’n voedselverwerker meng, maar die pasta kan loperig raak as dit te lank gemeng word.
* Dié resep van Melissa Bushby is in haar tweede boek, Fresh from the Vegetarian Kitchen, gepubliseer. Bushby is nie ’n opgeleide sjef nie. Sy het ’n passie vir die vegetariese leefstyl en is ’n blogger en illustreerder.
Foto: Random House Struik
Comments