Thaise visballetjie-sosaties
- Hayden Quinn
- May 22, 2015
- 2 min read

Genoeg vir 4-6 mense.
Dié resep word met spesiale vergunning van Hayden Quinn gebruik en kom uit sy resepteboek, Dish It Up , wat in Desember op die rakke gaan wees.
Jy benodig:
. 2cm vars gemmer, fyngerasper
. 2knoffelhuisies, fyngekap
. 1 stukkie suurlemoengras (jy het net die wit gedeelte nodig)
. 2 lemmetjieblare
.55g rooi Thaise kerriepasta
. 1organiese eier, liggies geklits
.600g snapper-filette (of enige wit vis soos stokvis)
.1 klein rooi-ui, fyngekap
.50g groenbone, fyngekap
.2e koljanderwortel, fyngekap
.1 2 kort hout-sosatiestokkies (geweek in water vir ten minste 20 minute)
.grondboontjieolie
. piesangblare en lemmetjiewiggies om mee voor te sit
Vir die rissie-doopsous:
.250g rooi rissies, baie fyngekap (verwyder pitte indien verkies)
.1groot rooi soetrissie, fyngekap
.375ml wit asyn
. 440g strooisuiker
.2cm vars gemmer, gerasper
.1 knoffelhuisie, fyngekap
Só maak ’n mens:
1.Maak eerste die doopsous: Plaas die rissies en soetrissies in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn. Plaas dan saam met die res van die bestanddele in ’n kastrol en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut 30-40 minute tot verdik. Roer af en toe. Laat heeltemal afkoel voor gebruik.
2.Maak die visballetjies: Plaas die gemmer, knoffel, suurlemoengras, lemmetjieblare, kerriepasta, eier en vis in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn.
3.Skep uit in ’n mengbak en voeg die uie, boontjies en koljander by en geur met sout en peper. Meng met jou hande tot deeglik gemeng.
4.Maak jou hande nat en vorm balletjies uit die mengsel (sowat 1e van die mengsel per balletjie). Ryg drie van die balletjies op elke stokkie. Bestryk liggies met die grondboontjieolie.
5.Braai die sosaties oor hoë hitte sowat 5 minute tot gaar en goudbruin. Jy kan die balletjies ook rooster of op ’n riffelpan gaarmaak.
6.Sit warm voor bo-op piesangblare saam met die lemmetjiewiggies en die rissie-doopsous.
Comments