top of page

Tom yum goong - Pikante steurgarnaal sop

  • Karla Janse van Vuuren
  • May 22, 2015
  • 1 min read

Tom yum goong.jpg

Die onderstaande is wat jy nodig het vir een porsie. Vermeerder soos nodig vir die hoeveelheid mense vir wie jy kosmaak.

Jy het nodig:

■ 3 steurgarnale, skoongemaak en kop en dop verwyder (hou die sterte aan)

■ 300g hoender- of groente-aftreksel

■ 100g sampioene, gekap

■ 100g sitroenkruid, liggies gekneus en in 2,5cm-stukkies gekap

■ 2e vissous

■ 2e lemmetjiesap

■ 3lemmetjieblare, gekap

■ 1-2 klein, heel brandrissies (bird’s eye chilli)

■ 5 koljanderblare

Opsioneel:

■ 1e rooirissiepasta

■ 100g ingedampte melk

Só maak ’n mens:

1. Plaas die aftreksel in ’n kastrol en voeg die sitroenkruid by. Kook ’n paar minute lank.

2. Skep die sitroenkruid met ’n gaatjieslepel uit die aftreksel en laat dit weer opkook. Voeg die sampioene by en kook ’n minuut of twee.

3. Voeg die steurgarnale by en laat opkook. Voeg dan die vissous en lemmetjieblare by. Laat ’n minuut kook en roer dan die lemmetjiesap en rissies by.

4. Sit die tom yum goong in sopbakke voor en garneer met koljanderblare. As alternatief kan ’n mens die rissiepasta meng met die ingedampte melk en dit byvoeg – dan het jy tom yum num khon gemaak.

– Resep verskaf deur die Thaise departement van internasionale handelsbevordering.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page