Truffel-eiers met gemmerlikeur
- Leandri & Seline van der Wat
- May 22, 2015
- 1 min read

Maak 30 truffels
Jy benodig:
500g donkersjokolade
30g botter
80ml room
30ml gemmerlikeur
1ml gemaalde gemmer
Só maak mens:
1. Breek die sjokolade in klein stukkies.
2. Verhit die res van die truffelbestanddele tot net onder kookpunt en giet oor die sjokolade.
3. Laat dit vir drie minute staan en begin dan stadig om te meng tot glad.
4. Laat staan ’n paar uur (buite die yskas) tot geset.
5. Smeer botter aan jou hande en rol dit in eiervormige bolletjies. Die eerste keer dat jy dit vorm, sal dit rofweg wees, omdat die sjokolade in jou hande sal begin smelt. Laat dit dus toe om weer te set in daardie rowwe vorm en
rol dit later weer. Dié keer sal dit netjies en mooi gerond wees.
6. Rol die netjiese eiervormige bolletjies in gekleurde suikerkristalle.
Comments