top of page

Truffel-fudge

  • Karla Janse van Vuuren
  • May 22, 2015
  • 1 min read

Truffel-fudge.jpg

Niks sê “ek is lief vir jou” soos ’n tuisgemaakte sjokolade-lekkerny nie. Hierdie happies is ’n huwelik tussen fudge en sjokolade-truffels en dit is absoluut hemels.

Maak 25 blokkies (die resep kan ook suksesvol gehalveer word)

Jy het nodig:

450g sjokolade van jou keuse (ek het witsjokolade en donkersjokolade gebruik)

1 blik kondensmelk

3e room

2t vanieljegeursel

Só maak ’n mens:

1. Voer ’n 15x20cm-bak met bakpapier of foelie uit.

2. Smelt 120g van die sjokolade (ek het hier witsjokolade gebruik) en giet dit onder in die pan. Verkoel 10 minute of tot ferm.

3. Plaas die res van die sjokolade en die kondensmelk in ’n mikrogolf-bestande bak en mikrogolf op hoog (roer elke 30 sekondes) totdat die sjokolade byna gesmelt is. Roer dan totdat die res van die sjokolade smelt.

4. Voeg die room en vanieljegeursel by en meng goed. Giet die mengsel bo-oor die sjokolade in die bak.

5. Plaas vir ten minste 2 uur in die yskas om te stol. Sny dan in blokkies.

Valentynswenk: Vir ekstra spesiale bederf, vervang die vanieljegeursel met 4t likeur van jou keuse; peperment werk lekker en koffielikeur is ook ’n wenner.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page